Die Departement van Gesondheid sê alle gesondheidsorgwerkers sal die Covid-19-entstof eerste ontvang

Die Departement van Gesondheid sê alle gesondheidsorgwerkers sal die Covid-19-entstof eerste ontvang sodra dit in die land beskikbaar is.

Die departement het reeds bevestig dat die eerste betaling, van R283-miljoen, vir die entstof gemaak is. Dié bedrag is slegs sowat 15 persent van die totale koste vir die Covex-projek.

Slegs tien persent van die bevolking sal van die eerste besending van die entstof ontvang. Sandile Buthelezi, die direkteur-generaal van die Departement, sê gesondheidsorgwerkers se kans om die virus op te doen bly die grootste, daarom sal hulle die entstof eerste kry.

Buthelezi sê daarna sal bejaardes met onderliggende mediese toestande die entstof kry. Die proses sal uiteindelik ook na alle Suid-Afrikaners uitgebrei word.

Luister na potgooie hieronder