Die Departement van Gesondheid sê nog 115 mense is in die afgelope 24-uur aan Covid-19 oorlede

Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het nog 115 sterftes wat verband hou met Covid-19 en 2 493 nuwe infeksies aangekondig, wat die dodetal in
Suid-Afrika tot meer as 21 083 bring, terwyl die totale infeksies in Suid-Afrika nou staan op 772 252.
Meeste van die sterftes kom uit die Oos-Kaap met 45 sterftes, dan die Vrystaat met 20 en Gauteng met 19.
Die Wes-Kaap het 16 sterftes gehad met KZN 10 en die Noord-Kaap 5.
Die herstelkoers staan nou op 92,8%.

Luister na potgooie hieronder