Die Departement van Gesondheid sê nog 8-duisend-789 mense het die Covid-19-virus opgedoen

Die Departement van Gesondheid sê nog 8 789 mense het die Covid-19-virus opgedoen, wat die totaal van mense, wat sedert Maart met die virus geïnfekteer is, op 930 711 te staan bring.

Die sterftesyfer weens Covid-19 het intussen met 216 gestyg tot 24 907 sterftes.

Volgens die departement was die meeste daarvan in die Oos-Kaap waar 97 mense gesterf het. In die Wes-Kaap is 84 sterftes in die jongste verslag aangemeld.

Die herstelkoers is tans 85,5%.

Intussen het die Europese Unie se medisyne-reguleerder die gebruik van Pfizer en BioNTech se enstof teen COVID-19 goedgekeur. Die entstof is 95% doeltreffend en is geskik vir enigeen ouer as sestien jaar.

Luister na potgooie hieronder