Die Departement van Korrektiewe Dienste ontken bewerings van wanpraktyke by die omstrede G4S-beheerde Mangaung-korrektiewe sentrum in Bloemfontein. Dit het gekom nadat ‘n memorandum middel Oktober by gevangenisbeamptes ingedien is waar bewerings van onnatuurlike sterftes, marteling aan die hand van gevangenisveiligheid, asook ‘n gebrek aan mediese aandag en dienste deur gevangenes geopper is. Die Mangaung-korrektiewe sentrum is waar die moord- en verkragtingveroordeelde Thabo Bester in Mei verlede jaar ontsnap het. Die woordvoerder van die departement, Singabakho Nxumalo, het gesê die meeste bewerings vervat in ‘n onlangse memorandum deur gevangenes by die korrektiewe sentrum is voorheen geopper en hanteer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×