Die Direksie van Inspeksiedienste binne die Departement van Landbou werk hard om vals heuningprodukte uit Suid-Afrikaanse rakke te verwyder.

Die departement het in ‘n mediaverklaring gemeld dat daar ‘n toename in klagtes is oor produkte wat as “heuning-gebaseerde” stroop gemerk word.

News24 berig hierdie produkte is kommerwekkend omdat dit gesondheidsrisiko’s inhou vir verbruikers wat glo hulle koop heuning.

Heuning is ‘n natuurlike produk met anti-inflammatoriese eienskappe.

Stroop aan die ander kant word dikwels gemaak deur suiker in water op te los.

Die Departement van Landbou het begin optree en het sowat 40 winkels in Gauteng inspekteer, waar byna 1 060 heuning-gebaseerde stroopprodukte gekonfiskeer is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×