Volgens die Departement van Landbou werk hy onverpoosd om ‘n ooreenkoms met die Europese Unie te bereik oor sy nuwe regulasies oor sitrusinvoere. Die besending sitrusvugte ter waarde van meer as 600 miljoen rand is uitgevoer, maar die besending word opgehou in Europa. Die vrugte sal vernietig moet word as daar nie binnekort konsensus bereik word nie. Die nuwe regulasies stipuleer dat vrugte ‘n verpligte koue prosesbehandeling van 25 dae ondergaan voordat dit uitgevoer kan word. Deon Joubert, ‘n Woordvoerder van die Sitruskwekersvereniging, sê die nuwe regulasies kan ernstige gevolge vir plaaslike sitrusuitvoerders inhou. Joubert sê die regulasies is polities gemotiveerd en ingestel met die oog op verkiesings later vanjaar om Spanje se belange te beskerm. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×