Die departement van maatskaplike ontwikkeling is radeloos van kommer weens die angswekkende kindermoord-toename in Suid-Afrika.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se jongste misdaadstatistieke toon die pleeg van kindermoorde het tussen April en Junie verlede jaar met 46% toegeneem.
Die aanranding van kinders het gedurende dieselfde tydperk met ‘n haas ondenkbare 58% gestyg.
Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, het gesê baie van die jong slagoffertjies word in hulle eie ouerhuise aangerand of vermoor.
Oliphant het gister die jaarlikse Kinderbeskermingsweek-veldtog afgesluit.
Dié veldtog het ten doel om te verseker dat alle kinders, te alle tye te beskerm word.