Die Departement van Minerale Bronne en Energie sê daar is geen onmiddellike krisis met betrekking tot die verstryking van ‘n kernkragooreenkoms met die Verenigde State van Amerika (VSA) nie. Suid-Afrika en die VSA se kernkrag samewerkingsooreenkoms het in Desember verlede jaar verstryk. Dit het vrese laat onstaan dat die Koeberg-kernkragstasie sonder brandstof gelaat kan word. Die departement sê dat ‘n nuwe ooreenkoms tussen die regering en die VSA onderhandel word.