Die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie het Eskom geloof vir bykans twee-maande se opskorting van beurtkrag.

Die direkteur-generaal, Jacob Mbele, het tydens die Enlit Africa-konferensie in Kaapstad, Eskom se leierskap en pogings geloof.

Mbele het gesê vordering word ook gemaak op ander gebiede van die Energie-aksieplan, soos die versnelling van die verkryging van nuwe opwekkingskapasiteit.

LEES MEER: Eskom bereik 51 dae sonder beurtkrag

Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het hoop uitgespreek oor die ondertekening van die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering, wat Eskom se monopolie beëindig en mededinging in die mark bevorder.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×