Volgens die Departement van Basiese Onderwys is die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, ook bekend as die Bela-wetgewing, nie ‘n aanval op ‘n bepaalde taalgroep nie. Dit is volgens die hoofdirekteur vir provinsiale monitering en diensleweringstoesig van die departement, James Ndlebe. Ndlebe het in ‘n verklaring gesê  dit is wel ‘n landwye probleem waar skole in die verlede ingevolge etniese groepe gebou is. Hy sê mense van verskillende rasse, etniese groepe en tale woon nou saam in woonbuurte. Dit is kommerwekkend dat sekere kinders steeds nie toegang tot skole in hul woonbuurte kan kry nie omdat daardie skole ʼn bepaalde groep binne die gemeenskap dien. Intussen het Dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van Fedsas, aan Rosestad Nuus gesê Bela gaan alle goeie  skole benadeel en weinig doen om swak skole te verbeter. As die provinsiale onderwyshoofde meer mag gaan kry, gaan veral Afrikaanse skole verder onder skoot kom. Van die voorstelle neem die land terug na ‘n bedeling van staatskole en staatsbeheer. Skoolgemeenskappe moet teen die vasskop, het hy gesê.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×