Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, sê hulle werk aan ‘n Nasionale Skoolsportpadkaart. Kodwa het gister ‘n toespraak by sy departement se Skolesport Indaba gelewer. Volgens die minister volg die padkaart die teorie van verandering se raamwerk. Kodwa sê dit sal dien as ‘n nuwe bloudruk vir skolesport wat gesonde leefstyle bevorder en fokus op die ontwikkeling van atletiese talent. Hy sê hulle wil hê die padkaart moet Suid-Afrikaanse sport tot ’n hoër vlak neem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×