Die Departement van Verdediging het gisteraand bewerings in ʼn Sondagkoerant weerlê oor ʼn onlangse duur vlug van president Cyril Ramaphosa na die Demokratiese Republiek van die Kongo. Luidens die berig het die vlug sowat R2,6-miljoen gekos. Die departement het egter in ʼn verklaring gesê die koste was eR1,6-miljoen. Die Suid-Afrikaanse Lugmag is verantwoordelik vir alle amptelike vlugte van die president. Die amptelike presidensiële vliegtuig is nie tans in diens nie en die weermag moes dus kwotasies van lugrederye aanvra om die president en sy amptenare te vervoer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×