Die departement van Vervoer sê alles verloop volgens plan om ‘n nuwe rybewyskaart bekend te stel en die nodige lisensiekaart-drukker vir die land aan te skaf. Die soektog na ‘n diensverskaffer wat nuwe lisensiekaarte kan vervaardig het aanvanklik uitdagings gebied.

‘n Woordvoerder van die departement, Collin Msibi sê aansoeke van vyf moontlike diensverskaffers is ontvang. Hy sê die departement het reeds die aansoeke onder oë gehad, en meer inligting oor die nuwe fase sal bekend gemaak word sodra die ouditproses afgehandel is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×