Die Departement van Water en Sanitasie en sy belanghebbendes sê hulle neem nou ‘n zero-verdraagsaamheidsbenadering teenoor bedrog en korrupsie in.

Die departement werk saam met die Spesiale Ondersoekeenheid en die Vereniging van Gesertifiseerde Bedrogondersoekers van Suid-Afrika, in ‘n poging om bewustheid te skep en om die publiek aan te moedig om ‘n proaktiewe rol in die stryd teen bedrog en korrupsie te speel.

Die week van 13 tot 19 November is Internasionale Bedrogbewustheidsweek.

Die departement het gesê hy gaan volgende week spesifiek gebruik om sy amptenary in te lig oor wat presies bedrog en korrupsie is, en ook hoe om dit te identifiseer.

Internasionale Bedrogbewustheidsweek moedig sakeleiers en werknemers aan om proaktiewe stappe te neem om bedrog en die impak daarvan hok te slaan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×