Die derde en laaste T-20 Internasionale wedstryd tussen Nieu Seeland en die Wes-Indiese Eilande is afgelas weens reën

Die derde en laaste T-20 Internasionale wedstryd tussen Nieu Seeland en die Wes-Indiese Eilande in Mount Maunganui is afgelas weens reën.
Die Swart Pette wat die loot gewen het, het die besoekers beperk tot 25 vir die verlies van een paaltjie, toe die spelers die veld ná slegs twee boulbeurte en twee balle verlaat het.
Die gashere het twee nul voorgeloop in die reeks.
Die twee spanne sal nou fokus op die toetsreeks van twee wedstryde wat Donderdag in Hamilton begin.

Luister na potgooie hieronder