Die Deveney Nel-moordsaak is in die Caledon-landdroshof tot 3 Januaure 2025 uitgestel. Dit sodat die tienerverdagte waarneming in die Valkenberg Psigiatriese Hospitaal kan ondergaan.
Nuusflits berig die NVG se woordvoerder, sê die tiener is nommer 64 op die lys vir plasing in die hospitaal. Deveney Nel, ‘n gr. 10-leerder, het op 7 Augustus, nie ná haar skool se sportwedstryde vir haar geleentheid huis toe opgedaag nie.
Sy is as vermis aangemeld, waarna haar liggaam die betrokke Woensdag op die skoolperseel in ‘n stoorkamer gevind is. Die skool was die volgende dag as ‘n aktiewe misdaadtoneel gesluit en ‘n tienerseun is tydens haar moorondersoek in hegtenis geneem.