Die vermeende diamantsmous Louis Liebenberg, sy vrou Dezzie, en nog sewe medebeskuldigdes het Dinsdag, 4 Februarie 2025, vlugtig in die Bronkhorstspruit Landdroshof verskyn.

Hulle word aangekla van onder meer bedrog, geldwassery en afpersing.

Netwerk24 berig Liebenberg se bortogverhoor sal 2 April voortgaan, en die saak teen hom en sy medebeskuldigdes op 8 Julie.

Die verdagtes is verlede jaar in Oktober in Gauteng en in Noordwes in hegtenis geneem.

Luidens SABC-nuus het beleggers in Liebenberg se beleggingskema sedert 2019 na bewering sowat vier miljard rand verloor.

Die saak is verlede jaar uitgestel vir verdere ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×