Die diamantsmous Louis Liebenberg het tydens die bekendstelling van sy verkiesingsveldtog in Rosebank Johannesburg, gesê hy het nog altyd die begeerte gehad om meer vir mense te doen en hul lewens te verander. Liebenberg, wat as ‘n onafhanklike kandidaat gaan staan, het gesê hy is bewus daarvan dat media berigte hom in ‘n swak lig stel en dat mense dink hy is ‘n populis.

Liebenberg het volgens Netwerk 24 gesê hy glo in nasionalisering en dat daar van die tenderstelsel, kaderontplooiing asook onwettige immigrante ontslae geraak moet word. Hy het gesê oudpres Jacob Zuma gaan weer die president word en hy sal Zuma se MK-party na die verkiesing steun. Hy het gesê mense moet vir hom stem omdat hy ‘n goeie sakeman is. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×