Die staat het die diefstalaanklag teen die president van die Suid-Afrikaanse Sokkerunie (SAFA), Danny Jordaan, en die unie se Hoof Finansiële Beampte, Gronie Hluyo, laat vaar.
News24 berig Jordaan staan steeds tereg op drie aanklagte van bedrog en een van sameswering om bedrog te pleeg.
Die staat beweer Jordaan het byna R900 000 van SAFA ontvang vir persoonlike dienste wat nie in die diensvlak-ooreenkoms was nie, veral ter beskerming van sy beeld, deur Grit Communications, ná ’n verkragtingsklag teen hom.
Direkteur van Grit Communications, Trevor Neetling staan ook tereg op bedrog-aanklagte.
Hy het SAFA-fondse glo gebruik vir die diens van ’n sekuriteitsmaatskappy tydens die 2018 SAFA-verkiesingskonferensie.
Jordaan en Hluyo het aansoek gedoen om die saak van die hofrol te verwyder, wat vir 15 Augustus uitgestel is.