Die direkteur-generaal van die Nasionale Tesourie verseker dat genoeg geld beskikbaar gestel sal word vir inenting

Die direkteur-generaal van die Nasionale Tesourie Dondo Mogajane het die Parlement verseker dat genoeg geld beskikbaar gestel gaan word om alle Suid-Afrikaners teen die coronavirus in te ent.

Mogajane het aan die Staande Komitee oor Finansies gesê daar was tot dusver nog geen probleme met finansiering in verband met Covid-19 nie.

Die versekering volg ‘n vraag van die EFF oor die drie-komma-vyf miljard rand wat vir die aankoop van die entstowwe bewillig is. Volgens hom het die regering onderneem om almal in te ent en meer geld sal beskikbaar gestel word as dit benodig word.

Luister na potgooie hieronder