Volgens die departement van korrektiewe dienste (DKD) is hulle meer as gereed om die privaat bestuurde Manguang-gevangenis in Bloemfontein oor te neem.

Hulle het voeg by dat daar geen ontsnappings of pogings tot ontsnapping hierdie boekjaar by die land se tronke was nie. Eyewitness News berig die departement het aan die portefeuljekomitee gesê dat die Mangaung-gevangenis vir ‘n tydperk van 25 jaar onder die daaglikse bedrywighede van G4S bestuur word.

Daar is 3 jaar terug ter voorbereiding van die gevangenis se oorname, ‘n taakspan aangestel, en Thabo Bester se ontsnapping het ‘n element van dringendheid by die oorname gevoeg. G4S het na Bester se ontsnapping in 2022 ‘n kennisgewing om die kontrak te beëindig ontvang, en is tans in ‘n regstryd met die departement gewikkel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×