Minstens nog vyf mense is in Bangladesh dood nadat die weermag ontplooi is om ‘n landwye aandklokreël af te dwing in reaksie op gewelddadige onrus die laaste paar dae.
Soldate het skerppunt ammunisie, rubberkoeëls en traanrook in Bangladesh se hoofstad, Dhaka, gebruik. Meer as 100 mense is reeds dood nadat betogings verlede week uitgebreek het teen die herinstelling van ‘n kwotastelsel wat staatsdiensposte vir sekere sosiale kategorieë reserveer.
LEES MEER: Aandklokreël in Bangladesh ingestel
Die betogers sê regeringsondersteuners word bevoordeel. Hospitale het sedert Donderdag talle skietsterftes aangemeld. Die polisie sê verskeie van hul beamptes is ook beseer.