Die dodetal in die bootramp op ‘n rivier in die suidooste van Nigerië het nou tot 76 gestyg.

Die boot met meer as 80 mense aan boord het in vloedwater op die Niger-rivier in die Anambra-staat gevaar toe dit skynbaar teen ‘n brug gebots en omgeslaan het.

Die meeste van die slagoffers was vroue en kinders wat van oorstromings in die gebied probeer wegkom het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×