Die dodetal in die gru-ongeluk wat gisteroggend op die N8 tussen Bloemfontein en Thaba Nchu plaasgevind het, het tot 8 gestyg nadat ʼn slagoffer in die hospitaal aan sy beserings beswyk het.

Daar was altesaam 62 insittendes in die Interstate-bus wat na Bloemfontein op pad was en 54 mense is in die ongeluk beseer.

Maroela Media berig voorts die vragmotorbestuurder het skynbaar die bus probeer verbysteek, en in ʼn poging om ʼn botsing reg van voor met ‘n aankomende voertuig te vermy, het hy na die linkerbaan uitgeswaai en die bus regs voor getref.

Die bestuurders van die bus en die vragmotor is in die ongeluk dood.

Die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, het medelye met die slagoffers se naasbestaandes betoon en het ook van die beseerdes in die hospitaal besoek.

Sy het padgebruikers gemaan om ekstra versigtig te wees, veral met die feestyd wat om die draai is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×