Die dodetal het tot tien gestyg in die Vanrhynpas-busongeluk. Isaac Sileku, Wes-Kaapse minister van mobiliteit, sê dat die 42 insittendes wat in die ongeluk betrokke was, konstruksiewerkers is. Die werkers is van Upington, en was vanaf Keimoes na Ceres onderweg, toe die bestuurder laat gistermiddag beheer oor die bus verloor.

Die bus het teen ‘n berghang in die pas na benede getuimel. Sileku sê aan SABC News dat 12 uit 29 beseerdes steeds in die hospitaal in Vredendal behandel word. Die presiese omstandighede wat tot die tragedie gelei het is nie in hierdie stadium bekend nie. Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×