Die dodetal in ‘n massa-skietvoorval by ‘n laerskool in die Amerikaanse deelstaat Texas, het tot een-en-twintig gestyg. Reuters berig ‘n agtien-jarige seun is volgens die owerhede glo verantwoordelik vir Dinsdag se skietdood van negetien kinders en twee volwassenes. Aanvanklike berigte dui daarop dat die kinder-slagoffers tussen die ouderdomme van sewe en elf jaar oud was. Die aanvaller het glo sy ouma geskiet alvorens hy op die Robb Elementary School in Uvalde losgebrand het. Die verdagte is in ‘n oor-en-weer-skietery met die polisie doodgeskiet en twee beamptes is ook in dié skietery gewond. Gister se voorval word as die ergste massa-skietvoorval by ‘n skool in bykans ‘n dekade bestempel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×