Die dodetal ná Saterdag se kragtige aardbewing in die weste van Afghanistan, word nou op 2 445 geraam.

Met die Richterskaal op 6,3, is dit Afghanistan se grootste aardbewing in dekades.

Abdul Rayan, woordvoerder vir die ministerie, het aan Associated Press gesê ongeveer ses dorpe in die Herat-provinsie is vernietig en honderde burgerlikes is steeds onder die puin begrawe.

‘n Taliban-woordvoerder het aan Al Jazeera gesê soek-en-reddingsoperasies duur onverpoosd voort.

Meer as 2000 mense is beseer.

Die dodetal sal na verwagting styg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×