Die dodetal ná Donderdagoggend se gru-ongeluk tussen ‘n Interstate-bus en ‘n vragmotor by Botshabelo naby Bloemfontein, het tot nege gestyg nadat ʼn slagoffer wat reeds uit die hospitaal ontslaan was, aan sy beserings beswyk het.

Volksblad berig daar gaan nou ‘n forensiese ondersoek gedoen word.

Dié ondersoek is gelas met betrekking tot foto’s van die bus se bande wat skynbaar seeplglad voorkom, wat op sosialemedia versprei word.

Vuyo Ondala, ‘n bedryfsbestuurder van Interstate Bus Lines, het gesê die forensiese ondersoek sal bevind dat dié foto’s gemanipuleer is.

Hy het gesê die bus se bande is drie dae voor die ongeluk deur ‘n onafhanklike onderneming geëvalueer en daar is bevind dat die sooloppervlak aansienlik dikker was as wat die wet vereis.

Die bus volgens Ondala ook die dag voor die noodlottige ongeluk ‘n padwaardigheidstoets, wat ‘n bandetoets insluit, geslaag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×