Die dodetal na ‘n kragtige aardbewing in Haïti, het tot minstens 304 gestyg

Die dodetal na ‘n kragtige aardbewing in Haïti, het tot minstens 304 gestyg met meer as 1 800 mense wat beseer is.

Die aardbewing, het Saterdagoggend naby Saint-Louis du Sud in die weste van die Karibbiese land getref, met ‘n geologiese meting van 7,2 op die Richterskaal.

Luidens berigte was die skuddig so wyd as die hoofstad, Port-au-Prince, 125 kilometer weg gevoel.

Die eerste minister sê daar is groot skade aangerig, en het ‘n maandlange noodtoestand afgekondig.

Dié aardbewing kom terwyl Haïti steeds herstel van die verwoestende aardbewing in 2010.

Luister na potgooie hieronder