Volgens Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit, Isaac Sileku, is die aantal mense wat op paaie in die Wes-Kaap oorlede is, onaanvaarbaar.  

Meer as twintig padongelukke is die naweek in die Wes-Kaap aangeteken en 24 mense het hul lewens in dié ongelukke verloor. Sewe van die oorledenes is voetgangers.

Intussen doen die Padverkeersbestuurskorporasie ‘n beroep op motoriste om uiters versigtig op die paaie te wees. Die waarskuwing kom namate verkeersvolumes gedurende die vakansie toeneem.

Dié korporasie sê wetstoepassers sal voortgaan om ‘n sterk teenwoordigheid op die paaie gedurende die feestyd te handhaaf. Hulle waarsku ook diegene wat die padreëls verontagsaam, dat hulle aanspreeklik gehou sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×