Die dodetal weens Covid-19-verwante oorsake het met 151 gestyg

Die Departement van Gesondheid het in hulle daaglikse verslag bekend gemaak dat die dodetal weens Covid-19-verwante oorsake in die afgelope 24 uur met 151 gestyg het.

Die totale sterftesyfer staan nou op 47 899.

Nóg 1 744 nuwe infeksies is in dié tyd aangemeld, wat beteken dat meer as 1 491 000 mense die virus sedert Maart opgedoen het.

Die herstelkoers bly tans 93%.

Die afname in sterftes en nuwe gevalle volg te midde van menings deur gesondheidskenners dat die tweede vlaag van die virus in Suid-Afrika na-aan sy einde is.

Luister na potgooie hieronder