Die minister van Polisie, Bheki Cele, sê die lykskouer het bevestig dat die dood van 21 jong mense by ‘n taverne in Oos-Londen in die Oos-Kaap nie aan natuurlike oorsake was nie.

Dit is nadat die lyke van die jongmense, waarvan die jongste 13 is, binne die taverne in Scenery Park gevind is.

Die polisie sê hulle glo die slagoffers is weens ‘n stormloop dood, maar ondersoeke na die saak duur voort. Cele het aan die media gesê hulle sal hul toksikologie-monsters na Kaapstad stuur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×