Die dood van die oud-Vrystaaste boer, Daan Coetzee, in Paraguay het ʼn nuwe wending geneem.

Internasionale media berig nou die 75-jarige Coetzee is dalk nooit ontvoer nie, maar eerder op ʼn teregstellende wyse doodgeskiet.

Maroela Media berig ‘n poniekoerant in Paraguay voer verder aan dat ʼn familielid van Coetzee, wat ook in Paraguay woon, ʼn polisieverdagte is.

Coetzee se broer Mauritz van Moreletapark in Pretoria-Oos, het egter gesê dat hierdie bewerings ongegrond is, en dat sy broer aan ʼn hartaanval dood is.

Volgens Mauritz is Daan waarskynlik deur die boosdoeners, wat hom na bewering ontvoer het, die suikerrietlande ingevat, nadat hulle hul losprys-eis aan sy vrou Martie gestel het.

Mauritz meen Daan het waarskynlik inmekaargesak voordat hulle hom kon skiet.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×