Die dood van die teen-bende-eenheidsbevelvoerder Charl Kinnear is die laaste strooi en ’n keerpunt in die beëindiging van polisie-moorde

Die dood van die teen-bende-eenheidsbevelvoerder Charl Kinnear is  die laaste strooi en ’n keerpunt in die beëindiging van polisie-moorde. Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde het vroeër by die begrafnis van die vermoorde beampte gepraat. Winde het die Kinnear-familie bedank vir hulle opoffering en dat hulle Kinnear toegelaat het om in die eenheid te dien. Kinnear is twee weke gelede buite sy huis in Bishop Lavis in Kaapstad doodgeskiet is. Die Minister van Polisie, Bheki Cele, het gesê nog arrestasies in verband met Kinnear se dood kan volg. Een verdagte, die voormalige beroepsrugbyspeler, Zane Killian, is vroeër in Gauteng in hegtenis geneem en verskyn Maandag weer in die hof.

Luister na potgooie hieronder