Die omstandighede rondom die dood van twee susters en hulle broer, by Laerskool Evaton in Sebokeng, word ondersoek.
TimesLive berig dat volgens die Gautengse departement van onderwys is die drie leerlinge na ‘n nabyleë kliniek gehaas waar hulle dood verklaar is.
Dit nadat ‘n Graad 4-onderwyser die siek broer na die skool se siekeboeg geneem het. Kort daarna is sy suster, ‘n Graad 3-leerling, ook na die boeg geneem. Beide hulle en hul sussie, ‘n Graad 5-leerling, wat self na die boeg geloop het, het glo genoem dat hulle melk en beskuitjies die oggend by die huis geëet het.
Intussen word die dood van ‘n Graad 8-leerling van die Sekondêre Skool Tsakane, ook ondersoek. Sy is oorlede nadat sy na bewering rotgif op die skoolterrein ingekry het.