Die dra van kamoefleerdrag, wat herinner aan die uniform van soldate, kan jou eersdaags diep in die sop laat beland.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, of SANW, koop nou kamoefleer-uniforms vir sy soldate aan.

Netwerk24 berig die nuwe uniform sal patentbeskerming hê, wat dit onwettig sal maak vir Jan Publiek om dit te dra.

So gou die nuwe SANW-kamoefleer-uniform die amptelike drag van die Suid-Afrikaanse leër word, sal die polisie en weermag ’n burgerlike wat dit dra, in hegtenis mag neem.

Die huidige uniforms word nou as onprakties bestempel.

Die lap is swaar en warm.

Dit belemmer soldate se beweging, en vat ook lank om droog te word nadat dit gewas is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×