Die drie amptenare wat beskuldig word dat hul die VS departement van Openbare Werke uit 24-miljoen rand bedrieg het, is op borgtog vrygelaat

Die drie amptenare wat daarvan beskuldig word dat hulle die departement van Openbare Werke in die Vrystaat uit R24-miljoen bedrieg het, is in die Bloemfonteinse landdroshof op borgtog vrygelaat. Makhosazana Mhlomi  en Maletsatsi Maseme is borgtog van vyf-duisend rand elk toegestaan, terwyl Boitumelo Poonyane borgtog van twee-duisend rand ontvang het. Die drie beskuldigdes is in ‘n ondersoek deur die Valke verbind met die onwettige goedkeuring van ‘n betaling in 2019 aan die maatskappy Walton Trading Enterprise. Die klagte teen hulle sluit in, die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur,  bedrog en diefstal. Die saak is tot 10 September uitgestel. 

Luister na potgooie hieronder