ʼn Dringende beroep is skriftelik op die waarnemende premier van die Vrystaat, Jabu Mbalula, gedoen om die provinsie tot ’n rampgebied te verklaar.

Dit volg op die aanhoudende droogtetoestande wat die landbousektor swaar tref.

VF Plus-LPW in die Vrystaat, Armand Cloete, deel in ’n mediaverklaring dat groot dele van die provinsie tans kritieke droogte ervaar.

Boere in die gebied sukkel om voldoende water aan hul vee te voorsien, en in Bothaville wag boere steeds op opvolgreën om aan te plant.

’n Rampgebiedverklaring sal die benutting van staatsbronne moontlik maak om droogtehulp te verskaf.

Dit is egter belangrik dat boere direk deur enige regeringshulp bevoordeel word, aangesien hulle die swaarste finansiële en produksieverliese tydens droogtes ly.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×