Die Durbanse Kamer van Handel en Nywerheid het ‘n beroep op plaaslike boere gedoen

Die Durbanse Kamer van Handel en Nywerheid het ‘n beroep op plaaslike boere gedoen om ondersoek te doen na die moontlikheid om met lande soos Sri Lanka sake te doen.

Die Kamer en die Sri Lakaanse ambassade het tydens samesprekings gefokus op landbou en die in- en uitvoer van landbouprodukte.

Volgens die adjunkpresident van die Kamer, Gladwin Malishe, kan die Durbanse Kamer van Handel en Nywerheid boere inlig oor die vereistes van die onderskeie lande en hoe om gewasse volgens vereistes te kweek.

Malishe sê ook dit skep ‘n internasionale netwerk vir boere.

Luister na potgooie hieronder