Die Edcon-groep ondervind ernstige probleme vanweë die nasionale afsluiting

Suid-Afrika se naasgrootste klerekleinhandelaar, Edcon Holdings, het bevestig dat hy dalk nie weer sy deure sal kan oopmaak ná die 21-dae landwye afsluiting nie.

Vandat president Cyril Ramaphosa verlede week die koronavirus-pandemie tot ‘n nasionale ramp verklaar het, het die maatskappy se omset met 45% gedaal in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar.

Die uitvoerende hoof van Edcon, Grant Pattison, sê die onderneming het net genoeg likwiditeit om salarisse te betaal.

Hy voeg by dat hulle miskien die een of ander vorm van bankrotskap sal moet oorweeg.

Luister na potgooie hieronder