Die eersgebore seun van wyle oud-president FW de Klerk is skielik na ‘n hartaanval oorlede. Jan de Klerk was een van drie kinders wat uit die oud-president se eerste huwelik met wyle Marike gebore is. Met die begrafnisdiens van sy pa in 2021, het Jan ‘n roerende huldeblyk gebring, waarin hy onder meer gesê het dit het tyd geword vir almal in Suid-Afrika om saam te staan.
Sy broer, Willem, is in 2020 in die ouderdom van 53 aan kanker oorlede. Ma-Marike is in 2001 deur ‘n sekuriteitswag in haar woonstel in Table View
vermoor. Jan het in die landbouwese gestaan, terwyl Willem ‘n reklame-man was. Hulle suster, Susan Hillock, het ‘n onderwyser geword.
Oud-president FW de Klerk is met die Nobelprys vir Vrede vereer vir sy rol in SA se pad na demokrasie. Wyle doktor Nelson Mandela het De Klerk in 1994 as president van Suid-Afrika opgevolg.