Die Trump-administrasie beplan glo om die eerste groep kwalifiserende Afrikaners teen vroeg volgende week in die Verenigde State as vlugtelinge te hervestig.
Maroela Media berig die Amerikaanse ondersoekende nuusagentskap, The Lever, was die eerste om oor dié Afrikaners se naderende aankoms in Amerika te berig.
Dié aanlynpublikasie verwys na ʼn memorandum van 30 April, onderteken deur Robert F Kennedy jr., Donald Trump se minister van gesondheid en menslike dienste, as bron van dié inligting. Luidens dié berig word daar tans voorberei om tot 1 000 Afrikaners vanjaar in Amerika te hervestig.
Sowat ʼn maand gelede is ongeveer 100 Afrikaners geïdentifiseer wat vir vlugtelingstatus in aanmerking kom.
Maroela Media berig voorts meer as 8 000 aansoeke om vlugtelingstatus was in daardie stadium in die proses om nagegaan te word