Die eerste besending van die coronavirusentstof sal Maandag in die land aankom

 Die eerste besending van die coronavirusentstof sal Maandag in die land aankom

Volgens die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sal die eerste besending van die coronavirusentstof Maandag in die land aankom.

Die miljoen dosisse van die entstof uit Indië sal dan gebruik word om gesondheidswerkers in te ent.

Mkhize sê die vlug met die entstof vertrek Sondag uit Indië via Doebai en kom dan Maandag op die OR Tambo-lughawe aan.

Die tyd van aankoms is nog nie bekend nie.

LeandreAdmin@