Die eerste gedeklassifiseerde dokument, wat verband hou met die terreuraanvalle op 11 September 2001 bekend gemaak

Die Amerikaanse speurdiens, die FBI, het die eerste gedeklassifiseerde dokument bekend gemaak wat verband hou met sy ondersoek na bewerings oor die Saoedi-Arabiese regering se steun vir die kapers wat die terreuraanvalle op 11 September 2001 uitgevoer het.

Dit volg die 20-jaar herdinking wat gister plaasgevind het.

Bykans 3-duisend mense is in die aanvalle dood.

Die bekendstelling van die dokument kom nadat die Amerikaanse president, Joe Biden, vroeër opdrag gegee het dat die ondersoekdokumente hersien en vrygestel word.

Die dokument gee inligting oor kontakte tussen twee van die vliegtuigkapers en ‘n aantal Saoedi-Arabiese burgers, maar bevat egter geen bewyse dat die regering van Saoedi-Arabië aandadig was nie. 

Luister na potgooie hieronder