President Cyril Ramaphosa sal môre die eerste sensusverslag in meer as 10 jaar ontvang. Die sensus sal die bevolkingsgrootte, demografiese neigings en dienslewering meet. Statistieke Suid-Afrika het sy laaste sensusverslag in 2011 gepubliseer. Die jongste sensusopname sou na verwagting in 2021 vrygestel word, maar is vertraag deur die uitbreek van die COVID-19-pandemie. Die verslag sal die vierde wees wat sedert die aanbreek van demokrasie in Suid-Afrika gepubliseer word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×