Die 68-jarige eertydse Springbok-rugbykaptein, Theuns Stofberg, is in ‘n kritieke toestand nadat hy gistraand in ‘n motorongeluk buite Stellenbosch betrokke was.
Volgens netwerk24 was dit ‘n trompop-botsing tussen drie voertuie, waarin ‘n vrou noodlottig gewond is.
Stofberg, ‘n oud-leerling van Grey Kollege in Bloemfontein, het skynbaar ernstige inwendige bloeding opgedoen.
Hy het laasnag ‘n operasie ondergaan in ‘n poging om die bloeding te stop.
Van sy ribbes, en ook sy pelvis, is gebreek. Hy is aan ‘n ventilator gekoppel en kry bloedoortappings.