Die EFF beskuldig Senekal se boere van intimidasie

 Die EFF beskuldig Senekal se boere van intimidasie

Foto: News24

Senekal-boere in die Vrystaat word daarvan beskuldig dat hulle die moord op die plaasbestuurder, Brendin Horner, gebruik om ander te intimideer. Die EFF-leier, Julius Malema, het partylede buite die Senekal-landdroshof toegespreek waar die twee verdagtes in Horner se moord verskyn het. Volgens Malema gebruik die boere die saak om die land stil te maak oor grondhervorming. Johan Kruger van AfriForum het op Malema se uitsprake gereageer en hom as ‘n kansvatter beskryf. Hy het bygevoeg dat die boeregemeenskap nie gaan terugstaan nie.

Gerdie Karstens