Die EFF wil hê dat die minister van Landbou, John Steenhuisen, uit sy pos onthef word.
Hulle het ’n klag by die parlement se Etiekkomitee teen Steenhuisen ingedien en beweer dat hy vir die parlement en Suid-Afrika in ‘n antwoord op ‘n geskrewe parlementêre vraag gejok het.
Steenhuisen het ontken dat hy van normale werwingsbeleide afgewyk het toe hy vier individue in sy kantoor aangestel het.
Die minister het volgens Sinawa Tambo, ‘n EFF-parlementslid, sewe dae om op die klagte teen hom te reageer.