*** Die EFF het die Konstitusionele Hof genader om die parlement se besluit om nie die Phala Phala-verslag te aanvaar nie, te betwis. Die verslag het bevind dat daar ‘n prima facie saak was dat president Cyril Ramaphosa moontlik sy ampseed oortree het in sy optrede rakende die diefstal van buitelandse valuta vanaf sy Limpopo-plaas in 2020.

Die EFF voer aan dat die verslag verwerp is omdat die ANC sy meerderheid in die parlement misbruik het. Die party sê hy sal nie aandadig wees aan die skending en vernietiging van deursigtigheid en aanspreeklikheid nie. Al die EFF-LP’s het gisteraand se staatsrede geboikot nadat die ses geskorste topleiers, waaronder Julius Malema, tot einde Februarie van alle parlementêre aktiwiteite geskors is. Twee dringende hofaansoeke het ook nie gehelp om die skorsing op te hef nie.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×