Die EFF sê hulle is skepties dat die skorsing van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se kommissaris, Teboho Maruping, tot behoorlike ondersoeke en geregtigheid sal lei.

Maruping is vir sy betrokkenheid by ‘n onreëlmatige werkskeppingsprogram van R5-miljoen wat ‘n maatskappy wat aan hooggeplaastes verbonde is, bevoordeel het, geskors. Die projek is glo ondanks waarskuwings van die WVF se interne beoordelingskomitee en regsadviseurs goedgekeur.

Volgens die EFF behoort Maruping se skorsing nie die einde te wees nie aangesien openbare fondse misbruik is en dus sal hulle ‘n departementele ondersoek eis om alle betrokkenes voor die gereg te bring.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×